Die swye van Mario Salviati
- ISBN
- 0624037835
Die swye van Mario Salviati is a afrikaans, litnet book by Etienne Van Heerden.
About this book
Ingi Friedländer, 'n jong gefrustreerde kustenaar wat by 'n kunsmuseum in Kaapstad werk, word gestuur om 'n gesogde beeldhouwerk op die dorpie Tallejare aan die rand van die Moordenaarskaroo te probeer koop. Tydens haar verblyf word sy geboei deur stories uit die verlede; stories oor water wat opdraand loop, oor fabelagtige rykdom uit volstruisvere, en oor Goudseput, waar die verdwene Kruger-ponde glo begrawe lê. Sy ontrafel ook meer as een liefdesgeskiedenis, soos dié van die flambojante Meerlust Bergh en sy beeldskone Indonesiese prinses, en die hartseer verhaal van **Mario Salviati** en die onaansienlike Edit Aanda met haar wondermooi sangstem. Ingi self raak bevriend met die kunstenaar Jonty Jack, wat soos 'n kluisenaar in die berg woon. Sy ervaar ook 'n diep aangetrokkenheid tot die doofstom **Mario Salviati**, die Italiaanse klipsnyer wat 'n groot geheim met hom saamdra. ***Die Swye van Mario Salviati*** loop 'n wye, meevoerende draai - van die vroegste pioniersgeskiedenis af, deur oorloë en ontbering, die volstruisveertydperk en die koms van Italiaanse krygsgevangenisse in die Tweede Wêreldoorlog, tot by die hedendaagse Suid-Afrika. Dis 'n roman oor gierigheid en versweë skande; oor die verlede as gevangenis; oor mense wat onder hul andersheid ly. Dit is ook 'n roman oor kunstenaarskap en bevryding. Van Heerden (2006:Agterblad) (VAN HEERDEN, E. 2006. Die Swye van Mario Salviati. Kaapstad: Tafelberg. 408 p.)
About the Author
is the author of Die swye van Mario Salviati. Browse their full catalog on Booklogr.
Explore more books by Etienne Van Heerden →Editions & Formats
Reviews
No reviews yet. Have you read this book? Share your thoughts with the Booklogr community.
Sign in Sign in to write a review
Frequently Asked Questions
What genre is Die swye van Mario Salviati?+
Die swye van Mario Salviati is a Afrikaans, Litnet, Universiteit van Kaapstad, Hofmeyr-professor, Skool vir Tale en Letterkundes book.
What is Die swye van Mario Salviati about?+
Ingi Friedländer, 'n jong gefrustreerde kustenaar wat by 'n kunsmuseum in Kaapstad werk, word gestuur om 'n gesogde beeldhouwerk op die dorpie Tallejare aan die rand van die Moordenaarskaroo te probeer koop. Tydens haar verblyf word sy geboei deur stories uit die verlede; stories oor water wat ...
Who wrote Die swye van Mario Salviati?+
Die swye van Mario Salviati was written by Etienne Van Heerden.